Finland, Swede, Noorweë en Denemarke – 'n ongelooflike wêreld bestaande uit fjorde, gletsers, sneeubedekte berge en asemrowende bergpasse

SKANDINAWIË 2019
Opsie A: sonder Noordkaap 13 – 26 Junie
(R64 220 plus *verpligte uitgawes)
Opsie B: met Noordkaap 13 – 28 Junie
(R83 740 plus *verpligte uitgawes)
*Sien Nadere Besonderhede NIE INGESLUIT BY TOERPRYS vir verpligte uitgawes.
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Indien u 'n natuurliefhebber is en berge, klowe, mere, riviere, skitterende fjorde en oneindige vlaktes u betower, dan is hierdie toer vir u uitgeknip!  Voeg hierby die twee ontspanne bootvaarte van Helsinki na Stockholm in Swede en Oslo na Kopenhagen in Denemarke en u kry buitengewone waarde vir u geld.  Die uitsonderlike natuurskoon van Finland, Swede, Noorweë en Denemarke bly 'n mens altyd by. 
Ons bied in 2019 die toer met én sonder die opsie om Noordkaap te besoek aan.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Hoogtepunte
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring