KERSFEESTOER

Kersfees in Europa is iets waaroor baie mense droom en wanneer 'n mens een maal 'n wit Kersfees ervaar het, weet jy dat die helfte jou nie vertel is nie.  Dit is werklik 'n onvergeetlike belewenis!
EUROPESE KERSFEESTOER 2018
12 – 27 Desember
(R43 460 plus reisversekering en *verpligte uitgawes van ongeveer R7 760 per persoon wat deel)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Kersfees in Europa is iets waaroor baie mense droom.  Dis heeltemal anders as 'Kersfees in Afrika', waar dit daardie tyd van die jaar hoogsomer is.  Wanneer 'n mens een maal 'n wit Europese Kersfees ervaar het, weet jy dat die helfte jou nie vertel is nie.  Dit is werklik 'n onvergeetlike belewenis!
Ons het die afgelope twee jaar afgewyk van ons gebruiklike Kersfeestoerprogram en besluit om 'n bootvaart, bustoer en vyfdaagse verblyf in die Switserse Alpe te kombineer.  Dit was 'n groot sukses en op versoek van talle toerlede bied ons dié program vanjaar weer aan.  Tydens die bootvaart van Amsterdam na Keulen en terug tot in Nijmegen val die klem op van die Europese stede wat wêreldwyd bekend is vir hul jaarlikse Kersmarkte.  'n Verdere bonus tot dié reisprogram, is dat ons vanjaar per bus, onderweg vanaf Nederland na Switserland, in onderskeidelik die Middeleeuse dorpie Bernkastel-Kues aan die Moeselrivier én Riquewihr in die Franse platteland oornag.  Ons spandeer ook twee dae en nagte in Titisee-Neustadt in die Swartwoud, waarna die toer afgesluit word met 'n vyfdaagse verblyf in die skilderagtige Switserse dorpie Beatenberg in die Switserse Alpe. 
Ons is uiters gesteld op die gehalte van ons toere en dit is vir ons van kardinale belang dat toerlede ons toere ten volle geniet en ervaar dat hulle werklik waarde vir geld kry.  Ons het 'n hele aantal lêers vol briewe van tevrede toerlede en verskaf op versoek graag name en telefoonnommers van mense in u omgewing wat reeds saam met ons getoer het.  Op hierdie wyse kan u oud-toerlede se objektiewe menings verkry. 
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen.  Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte band wat tussen toerlede ontstaan en die vriendskapsbande wat gevolglik gesmee word.
U sal merk dat die Kersfeestoer vanjaar 'n dag langer is as vorige jare en weens die verbeterde wisselkoers teen presies dieselfde prys as die Kersfeestoer van 2017 aangebied word.
Dit is ons wens dat u hierdie opwindende toer kan meemaak en 'n besonderse droom van 'n Europese Kersfees kan beleef.  Indien u meer besonderhede verlang of enige vrae het, skakel ons gerus.
Klik op die volgende dokumente vir meer inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.