ROEMENIË EN BULGARYE

Die toer bring ons na van die mooiste plekke in hierdie lande met hul eeue-oue geskiedenis en unieke kultuur sowel as besoeke aan van die altesaam 25 besienswaardighede wat net in Roemenië alleen deur Unesco as wêrelderfenisgebiede gelys is.

ROEMENIË EN BULGARYE 2019
16 - 30 Mei
(R38 950 plus reisversekering en *verpligte uitgawes van ongeveer R6 440 per persoon wat deel)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Dit is die eerste keer dat ons hierdie toer na twee van die interessantste lande in Oos-Europa aanbied.  Die toer bring ons na van die mooiste plekke in hierdie lande met hul eeue-oue geskiedenis en unieke kultuur sowel as besoeke aan van die altesaam 25 besienswaardighede wat net in Roemenië alleen deur Unesco as wêrelderfenisgebiede gelys is.
Die toerprogram is met sorg uitgewerk en dek van die mooiste dele van die twee lande se groter en kleiner besoekplekke wat elk 'n bekoring van hul eie bied.  Die klein stegies en kleurryk geverfde geboue is poskaartmooi.  Dit geld ook vir die tradisionele handwerk.
Die twee lande het pragtig bewaarde ou stede, gefortifiseerde kerke, beskilderde kloosters, meestervakwerkstukke uit hout en antieke ruïnes.  Die natuurtonele is prentjiemooi!
Dracula se wêreldbekende kasteel op 'n rotsagtige bergpiek buite die dorpie Bran in Roemenië is maar een van die trekpleisters vir toeriste van oor die hele wêreld.
Ervare toerleiers vergesel die groep en ons reis per luukse lugverkoelde Duitse bus.  Verblyf in viersterhotelle met volledige ontbyt en aandetes is deurgaans op die toer ingesluit. 
Ons is besonder gesteld op die gehalte van die toere wat ons aanbied en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet.  Ons verskaf graag op versoek kontakbesonderhede van mense wat al saam met ons getoer het sodat u hulle objektiewe mening kan kry.
Klik op die volgende dokumente vir meer inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.