NEDERLAND & ANDRÉ RIEU

Die toer begin in Amsterdam. Die boot vaar daarvandaan na die Ysselmeerdorpe Hoorn, Enkhuizen, Stavoren en Urk

30 Junie – 12 Julie 2018
(R44 650 plus reisversekering en *verpligte uitgawes van ongeveer R7 670 per persoon wat deel)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Die boot gaan hoofsaaklik in Nederlandse water wees en vasmeer by van die mooiste Nederlandse dorpies.  Die boot lê onder andere 'n nag in Maastricht sodat u die wêreldbekende vioolspeler André Rieu in sy tuisdorp kan sien optree. 
As gevolg van die koppeling van die Rieu-konsert met die bootvaart verwag ons dat die belangstelling in hierdie toer, soos verlede jaar, buitengewoon groot gaan wees.  Moet dus nie uitstel indien u wil saamgaan nie en bespreek so gou as moontlik u plek op hierdie gewilde toer!
Deel van die toer is 'n vaart op die Ysselmeer, waar ons by verskeie dorpies aandoen wat die Nederlandse geskiedenis uit vroeëre jare uitbeeld en hul karakter uit daardie tyd behou het.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere.  Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit deurgaans en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit. 
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.