DONAU/PRESTIGE-TOER

Ná 'n nag se hotelverblyf in Boedapest, volg 'n bootvaart van Boedapest na Passau.  Daarna onderneem ons 'n bustoer na die musiekstad, Salzburg en die pragtige hoofstad van Tsjeggië – Praag.

DONAUVAART / PRESTIGE-TOER 2019
26 Mei – 9 Junie
(R45 850 en *verpligte uitgawes van ongeveer R6 425 per persoon wat deel)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes
Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Die toer begin met 'n nag se verblyf in 'n hotel in Boedapest, gevolg deur 'n bootvaart van Boedapest na Passau.  Daarna bring ons twee dae in die Oostenrykse musiekstad Salzburg deur en onderneem 'n tweedaagse besoek per bus aan Praag, die pragtige hoofstad van Tsjeggië.
Die toer bied 'n besondere kultuurervaring deurdat ons 'n musiekkonsert in Wene by die toerprys ingesluit het sodat u kan deel in die ryke nalatenskap van oa die musiekmeester Johan Strauss. 
Die toerprogram is met sorg uitgewerk en dek van die mooiste dele in vyf Europese lande.  Ons besoek indrukwekkende stede soos Boedapest, Bratislava, Wene, Salzburg en Praag en beleef die onbeskryflike skoonheid van die Hongaarse, Oostenrykse, Duitse en Tsjeggiese platteland.
Ervare toerleiers vergesel die groep en ons reis per luukse Duitse bus na Salzburg en Praag.  Verblyf op die boot sluit drie maaltye per dag in en verblyf in goeie hotelle met volledige ontbyt en aandetes is op die bustoer ingesluit, behalwe een aandete in Salzburg.  Op aanbeveling van vorige toerlede het ons een aand oopgehou ter wille van meer vrye tyd en omdat konserte op verskillende tye plaasvind. 
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere, en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet.  Ons verskaf graag op versoek name en telefoonnommers van mense wat die toer al saam met ons onderneem het, sodat u hulle objektiewe mening kan kry.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.