NOORDERLIGTE NOORWEË

 27 Januarie - 12 Februarie 2020
  Aanskou die verstommende natuurverskynsel van die noorderligte.

NOORDERLIGTE NOORWEË 27 Januarie - 12 Februarie 2020
Op hierdie toer het ons geleentheid om die verstommende natuurverskynsel van die Aurora Borealis, of algemeen bekend as noorderligte te aanskou.  Ons het hierdie program spesifiek uitgewerk sodat ons by die plekke kom wat ideaal geleë is om die skouspel te ervaar.  Dis ook die beste tyd van die jaar om dit te beleef.  Ons stap deur die yspaleis in Kiruna, Swede, ry per trein na Noorweë waar ons 2 dae lank die skilderagtige Lofoten eilande per bus besoek.  Daarna vaar ons met 'n veerboot tussen eilande en oor fjords na Tromso.  Tydens die toer begelei gidse ons op uitstappies om die noorderligte te sien, ons word deur sneeuhonde deur die sneeu getrek of ry met sneeumobiel rytuie.  Die toer begin met 'n dag in Stockholm en eindig met 'n besoek aan Oslo, die hoofstad van Noorweë.
Volledige besonderhede oor hierdie spesiale toer binnekort beskikbaar.
Stuur 'n epos na info@toere.co.za om u naam op die poslys te plaas en ons stuur die inligting aan u sodra dit beskikbaar is.

 

* Price
EFT:  
 Bank:
Standard Chartered Bank
 Rekening:  Cheque/Transmission
 Tak Kode: 010445
 Rekening Nommer: 410722782

Christine van Wyk-Toere

CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.